Die ALLES-IN-EEN Kurrikulumverskaffer vir Afrikaanse Tuisonderrig ouers!
Die ALLES-IN-EEN Kurrikulumverskaffer vir Afrikaanse Tuisonderrig ouers!
Signed in as:
filler@godaddy.com
Ons Graad RR-program is liefdevol ontwerp om jong kindertjies se ontwikkeling te bevorder deur om op spelenderwys te leer. Ons fokus op persepsie-ontwikkeling deur middel van aktiwiteite wat speel, verbeelding en vreugde aanleerbaar maak.
Kinders leer deur: ✨📖🔢🎶✨
By Leories skep ons ’n veilige, liefdevolle leeromgewing waar elke kind op hul eie tempo kan groei – met God se liefde as fondament.
Hier leer ons met vreugde, ontdek ons met nuuskierigheid, en bou ons ’n sterk basis vir Graad R en vir die res van elke Leories Liggie se skoolloopbaan
Ons Graad R-program lei ons Leories Leeutjies van speel na leer, en stel hulle op ’n prettige, gestruktureerde manier bekend aan formele skoolwerk. Ons fokus bly op spel, verbeelding en perseptuele vaardighede, maar begin nou doelgerig bou aan ’n sterk akademiese basis.
Kinders word spelenderwys vertroud met:
By Leories skep ons ’n veilige, liefdevolle ruimte waar kinders kan ontdek, groei en selfvertroue ontwikkel — sodat hulle met gemak en opgewondenheid Graad 1 kan aanpak.
By Leories glo ons dat u kind se skoolbegin steeds vol kindwees, nuuskierigheid en vreugde moet wees — maar ook stewig gegrond op kwaliteit akademie.
Ons bied ’n sterk, gestruktureerde program met ’n liefdevolle benadering:
Afrikaans (Huistaal) ✨
Ons gebruik ons eie klankgebaseerde leesboeke vir elke graad.
Stories pas by die tema van die week en help lees, woordeskat én verbeelding groei.
Wiskunde 🔢
Begrippe word op ’n visuele en praktiese manier aangebied.
Kinders ontdek dat syfers sin maak — en dat Wiskunde pret kan wees.
Engels✨
Storievertel, prente, rympies, liedjies en gesprekke maak taal eenvoudig, pret en verstaanbaar.
Lewensvaardigheid🎶
Help leerders om hulself en die wêreld rondom hulle te verstaan.
Die vak fokus op gesonde ontwikkeling: liggaamlik, emosioneel, sosiaal en kreatiewiteit
Bybellesse 📖
Ons leer waardes en karakter deur Bybelstories en geselsies.
Kinders ontdek hoe om vriendelik, liefdevol en eerlik in die alledaagse lewe op te tree.
Ons doel is eenvoudig:
’n Sterk akademiese fondasie, sonder om kindwees weg te neem. Ons leer, lag, dink, skryf, sing en ontdek — saam.
Ons intermediêre fase bou voort op die sterk grondslag wat in die junior fases gelê is.
Hier help ons elke leerder om selfstandig te dink, met selfvertroue te leer en nuuskierig te bly oor die wêreld.
📘 Afrikaans Huistaal
Leerders verdiep hul begrip van Afrikaans deur lees, skryf, praat en luister.
Begripstoetse, opstelle en taalstrukture ontwikkel skryfvaardigheid.
Gedigte, stories en mondelinge bevorder kreatiwiteit en selfvertroue.
Taalgebruik word prakties aangebied om liefde vir Afrikaans te versterk.
📗 Engels (First Additional Language)
Ons bou ’n stewige taalbasis deur luister, praat, lees en skryf.
Fokus op woordeskat, uitspraak en begrip.
Leerders leer om Engels selfversekerd te gebruik in gesprekke en skryfwerk.
Aktiwiteite sluit liedjies, stories, leesbegrip en interaktiewe oefeninge in.
🔢 Wiskunde
Leerders ontdek dat wiskunde logies, prakties en selfs lekker kan wees!
Getalle, bewerkings, breuke, meetkunde en datahantering word stap vir stap opgebou.
Probleemoplossing en redenasie staan sentraal.
Ons moedig selfvertroue aan deur speelse oefeninge en duidelike verduidelikings.
🔬 Natuurwetenskappe
Hier verken leerders die wêreld van wetenskap, ontdekking en ontwerp.
Leer oor plante, diere, die aarde, materie en energie.
Eksperimente maak leer prakties, interessant en lewendig.
🌍 Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie)
Leerders verstaan hul wêreld en geskiedenis beter deur interessante temas.
Geskiedenis: Ontdek mense, plekke en gebeure wat ons wêreld gevorm het.
Geografie: Leer oor kaarte, landskappe, hulpbronne en die omgewing.
Kritiese denke en wêreldbewustheid word versterk.
💛 Lewensvaardigheid
Lewensvaardigheid help kinders om gesond, gebalanseerd en positief te leef.
Bevorder selfkennis, emosionele intelligensie en verantwoordelikheid.
Kreatiewe kuns, musiek, drama en liggaamsbeweging vorm deel van die leer.
Leerders ontwikkel waardes, samewerking en gesonde leefgewoontes.
🌼 Ons doel:
Om elke leerder toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue wat hulle nodig het om Graad 7 en die res van hulle Leories skoolloopbaan met entoesiasme aan te pak.
In die Senior Fase leer ons leerders om selfstandig, verantwoordelik en doelgerig te wees.
Hier lê ons klem op kritiese denke, probleemoplossing en die verantwoordelike gebruik van kennis.
Dis ’n tyd waar kinders hul eie sterkpunte ontdek en begin droom oor die toekoms.
📘 Afrikaans Huistaal
Leerders verdiep hul taalbegrip deur lees, skryf, praat en luister op ’n hoër vlak.
Kreatiewe en funksionele skryfwerk (opstelle, briewe, verslae) word verfyn.
Begrip, grammatika en spel word doelgerig geoefen.
Literêre tekste ontwikkel verbeelding, waardes en empatie.
📗 Engels (First Additional Language)
Ons fokus op vloeiendheid, begrip en selfvertroue in Engels.
Lees en skryf word uitgebrei met stories, gedigte en analise.
Kommunikasievaardighede word versterk deur gesprekke en mondelinge.
Taalstrukture en skryfstyle berei leerders voor vir die FET fase vereistes.
🔢 Wiskunde
Wiskunde word prakties en logies aangebied om denke en probleemoplossing te versterk.
Getalle, algebra, meetkunde, statistiek en verhoudings word in diepte bestudeer.
Leerders leer om Wiskunde op regte lewensituasies toe te pas.
Sterk fokus is op redenasie en konsekwente begrip, en nie net op memorisering nie.
🔬 Natuurwetenskappe
Leerders ondersoek hoe die wêreld werk – van materie en energie tot lewe en ekosisteme.
Eksperimente en praktiese werk maak Wetenskap konkreet en interessant.
Wetenskaplike denke, waarneming en ondersoek word aangemoedig.
’n Liefde vir ontdekking en nuuskierigheid word doelbewus gekweek.
⚙ Tegnologie
Leerders leer om te ontwerp, te bou en te dink soos probleemoplossers.
Projekte ontwikkel handvaardigheid en tegniese begrip.
Fokus op ontwerpprosesse, materiale en strukture.
Stimuleer kreatiwiteit, innovasie en praktiese denke.
🌍 Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie)
Hier leer leerders om verantwoordelike wêreldburgers te wees.
Geskiedenis: Ontdek belangrike gebeurtenisse, mense en besluite wat ons wêreld gevorm het.
Geografie: Verstaan die aarde, hulpbronne, bevolkings en volhoubare ontwikkeling.
Kritiese denke en perspektiefneming staan sentraal.
💛 Lewensoriëntering
Lewensoriëntering help leerders om hulself, hul wêreld en hul toekoms beter te verstaan.
Fokus op emosionele welstand, selfkennis en gesonde leefstyl.
Loopbaanvoorligting, gesondheid en waardes vorm kernonderwerpe.
Sport, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid word aangemoedig.
🌼 Ons doel:
Om elke Graad 7–9 leerder te help groei in karakter, kennis en selfvertroue, sodat hulle goed voorbereid is vir die uitdagings en geleenthede van die FET fase en die lewe daarbuite
“Ware onderwys vorm nie net die verstand nie, maar ook die hart.
By Leories Akademie leer kinders met kennis, groei met waardes
en word hulle voorberei om met geloof, wysheid en roeping
hul plek in die wêreld vol vertroue in te neem.”
Woorde uit Angelique se pen
Direkteur van Leories
